
Rolprente is moderne preke. Onderliggend tot elke storielyn is die draaiboeksrywer en regiseer se beskouing van waarheid. As Christene is dit is belangrik om hierdie beskouings te kan uitlug en oordink in die konteks van die Bybel. Rolprente is nie net bloot vermaak nie. Elke rolprent preek iets vir jou of jou kinders, al is dit hoe oppervlakkig.
Ons wys gereeld DvDs by Nuwe Lewe Kerk waarna ons 'n kort interaktiewe bespreking daaroor hou. Die datums van ons DvDeologie-aande word op ons webwerf en Facebook groep aangekondig. Weens lisensie-beperkings mag ons nie die naam van die DvD wat ons wys op die Internet of buite die kerk adverteer nie. Stuur 'n e-pos aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. vir inligting oor die rolprent wat volgende vertoon word. Toegang is gratis.
Tot en met die einde van die skoolvakansie is daar elke Vrydagaand om 7uur 'n DvDeologie-aand. Kom geniet dit saam.
