Ons kerkfamilie
Nuwe Lewe Kerk is gebore in die Newfrontiers familie van kerke, met meer as 800 kerke in 60 lande. Ons is nie deel van 'n denominasie nie, maar deel van 'n familie wat saam op missie is. Van ons mede-kerke in Suid-Afrika waarmee ons gereeld en direk skakel is onder andere Godfirst (Johannesburg), Helderberg Christian Church (Somerset Wes), Jubilee Community Church (Kaapstad) en Beacon Church (Langebaan).
